Following Jesus
Volg Jesus | Following Jesus | Afrikaans (E-Book)
Volg Jesus | Following Jesus | Afrikaans (E-Book)
Couldn't load pickup availability
Volg Jesus: jou gids tot geloof en geestelike groei
Die Afrikaanse uitgawe van Following Jesus help jou om Jesus te leer ken, Hom te volg en ’n stewige fondament te bou om elke dag jou geloof uit te leef.
Hierdie boek behandel sewe noodsaaklike grondbeginsels om Jesus te leer ken en te volg:
- Gebed en aanbidding
- Die Bybel
- Waterdoop
- Die Heilige Gees
- Die kerkgemeenskap
- Om jou geloof te deel
- Om mense lief te hê
Verstaan wat dit beteken om Jesus te volg
Om Jesus te volg is meer as ’n godsdienstige verpligting. Dit is ’n reis wat jou lewe verander. Hierdie e-boek verken wat dit beteken om ’n opregte verhouding met Hom te hê, Sy lering te verstaan en jou geloof in die daaglikse lewe uit te leef. Of jy Jesus pas leer ken of jou geloof wil verdiep, hierdie boek help jou om die volgende stap te neem.
Groei saam in geloof
Jy hoef nie die pad van geloof alleen te stap nie. Die kerkgemeenskap bied ondersteuning, bemoediging en mense saam met wie jy uitdagings kan aanpak en die vreugde van geloof kan deel. Hierdie boek is geskik vir persoonlike lees, klasse vir nuwe gelowiges, dissipelskap in die kerk en kleingroepstudie.
Verdiep elke dag jou verhouding met Jesus
Gebed, nadenke oor die Bybel en diens aan ander help jou om jou geloof deel van jou daaglikse lewe te maak. Die doel is nie bloot om reëls te volg nie, maar om ’n opregte, blywende verhouding met Jesus te bou.
Taal: Afrikaans
Formaat: E-boek (digitale boek, nie ’n gedrukte boek nie)
Following Jesus: Your Guide to Faith and Spiritual Growth
This Afrikaans edition of Following Jesus helps readers know Jesus, follow Him, and build a foundation for everyday faith.
Following Jesus focuses on seven essentials to knowing and following Jesus:
- Prayer & Worship
- The Bible
- Water Baptism
- The Holy Spirit
- Church Community
- Sharing Your Faith
- Loving People
Understanding What It Means to Follow Jesus
Following Jesus is more than a religious obligation; it is a transformative journey. This e-book explores what it means to have a genuine relationship with Him, understand His teachings, and live out your faith. It offers a clear starting point for new believers and those who want to deepen their faith.
The Importance of Community in Your Journey
Faith grows with encouragement and support. Being part of a church community gives you companions to walk through challenges and celebrate the joys of faith together. Use this resource for personal reading, new-believer classes, church discipleship, or small-group study.
Practical Steps for Deepening Your Relationship with Jesus
Prayer, reflection on Scripture, and serving others help you bring faith into everyday life. The goal is not simply following rules, but growing in a genuine, ongoing relationship with Jesus.
Language: Afrikaans
Format: E-Book (not a printed book)
Share
